Wikipedia:Beleefdheid

Beleefdheid is 'n gedragskode wat gehoorsaam moet word wanneer u wysigingsopsommings skryf, kommentaar lewer en aan besprekings deelneem op enige Wikipedia. Onbeleefdheid kan hier rofweg omskryf word as gedrag wat op 'n persoon of persone geteiken is en konflik en stres veroorsaak. Ons gedragskode is eenvoudig: gebruikers moet beleef wees in hulle optrede teenoor mekaar.

Die beleid aangaande beleefdheid is 'n kernbeleid: ons kan nie altyd van gebruikers verwag om mekaar lief te hê en te eer nie of selfs dat hulle mekaar sal respekteer nie. Ons het egter die reg om te vereis dat gebruikers altyd beleef teenoor mekaar sal optree.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy