William Robertson

Dr. William Robertson, eerste leraar van die NG gemeente Clanwilliam.
Dr. William Robertson, op gevorderde leeftyd.

Dr. William Robertson (13 Julie 1805 in Skotland - 24 November 1876 in Kaapstad) was 'n Skotse predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en een van die vroegste kerkleiers. Die dorp Robertson is na hom genoem.

Robertson kom op 17-jarige ouderdom in 1822 saam met ds. Andrew Murray sr. na Suid-Afrika en word onderwyser op Graaff-Reinet, waar Murray leraar geword het en sou bly tot 1866. Vyf jaar later keer hy na Europa terug om in Aberdeen en Utrecht in die teologie te studeer. So bemind was hy by die inwoners van die dorp dat hulle hom 'n goue horlosie present gegee het. In 1831 keer hy na Suid-Afrika terug en word agtereenvolgens leraar van Clanwilliam, Swellendam en uiteindelik Kaapstad.


From Wikipedia, the free encyclopedia ยท View on Wikipedia

Developed by Tubidy