Wynand Louw

Wynand Louw.

Wynand Hendrik Louw (Laborie et Picardi, distrik Paarl, 17 Februarie 1883 – die Paarl, 21 Augustus 1967) was 'n Suid-Afrikaanse argitek en saam met Gerard Moerdijk, met wie hy enkele jare lank in 'n vennootskap was, die eerste groot Afrikaanse argitek. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die argitektoniese toneel van die eerste vier dekades van die twintigste eeu en mettertyd is hy deur die Afrikaanssprekende lede van dié professie as 'n patriargale figuur beskou. As eerste Afrikaanssprekende argitek[1] het Louw met sy vroeë werke 'n stewige fondament vir die latere omvangryke bydrae van Afrikaanssprekendes tot dié beroep gelê. Die talryke opdragte wat hy dikwels alleen moes uitvoer, soos die 69 stede en dorpe wat hy in 1925 moes aandoen in die uitvoering van sy beroepspligte, is sekerlik 'n ongeëwenaarde prestasie.

  1. "Paarl se Wynand Louw die eerste Afrikaanse argitek", Die Burger, 25 Augustus 2001.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy