Yair Lapid

Yair Lapid
Yair Lapid
Lapid as Eerste minister in 2022

Leier van die Opposisie
Ampsbekleër
Termynaanvang
2 Januarie 2023
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Benjamin Netanyahu
Ampstermyn
17 May 2020 – 6 April 20211
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Shelly Yachimovich
Opgevolg deur Benjamin Netanyahu

14de Eerste minister van Israel
Ampstermyn
1 Julie 2022 – 29 Desember 2022
President Isaac Herzog
Voorafgegaan deur Naftali Bennett
Opgevolg deur Benjamin Netanyahu

2de Plaasvervangende eerste minister van Israel
Ampstermyn
13 Junie 2021 – 30 Junie 2022
Eerste minister Naftali Bennett
Voorafgegaan deur Benny Gantz
Opgevolg deur Naftali Bennett

Leier van Yesh Atid
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Mei 2012
Voorafgegaan deur Amp gestig

Lid van die Knesset
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Februarie 2013

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 November 1963 (1963-11-05)
Tel Aviv, Israel
Politieke party Yesh Atid
Ouers Tommy Lapid
Shulamit Lapid
Eggenoot/-note Lihi Lapid
Kind(ers) 3

Yair Lapid, (Hebreeus: יאיר לפיד, gebore op 5 November 1963 in Tel Aviv) is 'n Israelse politikus. Hy is die leier van die Yesh Atid-party.

Sedert 5 Februarie 2013 is hy 'n lid van die Knesset. Vanaf Maart 2013 tot Desember 2014 was hy die minister van Finansies, en vanaf 13 Junie 2021 die minister van Buitelandse Sake en die beoogde eerste minister in die Bennett-Lapid-kabinet. In hierdie regering het hy op 1 Julie 2022 Naftali Bennett as eerste minister afgelos, en op 29 Desember 2022 is hy deur Benjamin Netanyahu opgevolg.

Lapid het as 'n joernalis, akteur en televisie-aanbieder gewerk. Hy het ook verskeie boeke geskryf.

Hy behoort tot die Hervormde Judaïsme en woon in Tel Aviv. Lapid is vir die tweede keer getroud en het drie kinders. Sy vader was die joernalis en politikus Tommy Lapid (in 2008 oorlede), sy moeder die skrywer Shulamit Lapid.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy