CUDA

CUDA is 'n platform vir parallelle verwerking en 'n programmeeerkoppelvlak (API) wat deur Nvidia geskep is.[1] Dit stel 'n programmeerder in staat om 'n grafikaverwerker (ook GPU vir Graphics Processing Unit) te gebruik vir algemene verwerking – 'n benadering bekend as GPGPU (General Purpose Graphics Processing Unit). Die CUDA-platform is sagteware wat direkte toegang gee tot die grafikaverwerker se virtuele instruksiestel en vermoëns vir parallele verwerking.[2]

Die CUDA-platform word ontwerp om te werk met programmeertale soos C, C++ en Fortran. Dit maak dit makliker om die vermoëns van die grafikaverwerker te gebruik vergeleke met vorige benaderings soos Direct3D en OpenGL wat vaardighede in grafikaprogrammering vereis. Die CUDA SDK en drywers is op 15 Februarie 2008 vrygestel. Die naam CUDA was aanvanklik 'n afkorting in Engels vir: "Compute Unified Device Architecture"), maar NVIDIA het sedertdien die gebruik van die akroniem laat vaar.

  1. "NVIDIA CUDA-blad". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2014. Besoek op 28 Julie 2016.
  2. Abi-Chahla, Fedy (18 Junie 2008). "Nvidia's CUDA: The End of the CPU?". Tom's Hardware. Besoek op 17 Mei 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy