Dullstroom

Dullstroom
'n Hengeldam naby Dullstroom
'n Hengeldam naby Dullstroom
Dullstroom is in Mpumalanga
Dullstroom
Dullstroom
 Dullstroom se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°25′S 30°7′O / 25.417°S 30.117°O / -25.417; 30.117
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikNkangala
MunisipaliteitEmakhazeni
Stigting1883
Oppervlak
 • Totaal30,40 km2 (11,74 vk. myl)
Hoogte
2 100 m (6 900 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal558
 • Digtheid18/km2 (50/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense84.2%
 • Indiërs/Asiërs7.3%
 • Swart mense8.1%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Engels 50.7%
 • Afrikaans 42.1%
 • Ndebele 2.0%
 • Sotho 2.0%
 • Ander 3.2%
Poskode (strate)
1110
Poskode (posbusse)
1110
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.dullstroom.co.za/

Dullstroom is 'n dorp op die oostelike platorand van die provinsie Mpumalanga en vanweë sy ligging teen 'n hoogte van 2 100 meter bo seevlak een van die koelste plekke in die provinsie. Saam met Barkly-Oos en Underberg is Dullstroom danksy 'n groot aantal bergriviere en damme met forelle die belangrikste bestemming vir vlieghengel in Suid-Afrika. Die dorp lê teen die voet van Die Berg, die hoogste bergspits in die provinsie (2 332 meter), wat deel uitmaak van die Steenkampsberge, en pronk daarnaas ook met die hoogste spoorwegstasie in Suid-Afrika (2 076 meter bo seevlak) in die nabygeleë Nederhorst.

Dullstroom is in 1883 deur 'n groep Nederlandse immigrante onder die leiding van Wolterus Dull aangelê. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die dorp verwoes, en die meeste setlaars het na Nederland teruggekeer.

Die gebied van Dullstroom is op 1 Augustus 2006 deur 'n tornadoagtige storm verwoes.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Dullstroom". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy