EBITDA

'n Maatskappy se verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (algemeen afgekort EBITDA)[1](Engels: "Earnings before interest, taxes, depreciation and amortisation") is 'n maatstaf van die winsgewendheid van 'n maatskappy se bedryfsaktiwiteite, dus voor enige koste van eksterne finansiering, belastings en die koste wat nodig is om sy bate- of kapitaalbasis, soos gemeet deur waardevermindering en amortisasie van ontasbare bates, te handhaaf. Dit word bepaal deur alle koste van normale bedryfsaktiwiteite (bv. lone, koste van grondstowwe, koste van dienste) van inkomste af te trek, maar nie enige afname in batewaardes, leenkoste en verpligtinge teenoor die staat nie.

Alhoewel dit dikwels by 'n inkomstestaat getoon word, word dit nie deur  IFRS of die Maatskappywet vereis nie.

  1. https://www.investopedia.com/terms/e/ebitda.asp

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy