Landgraaf

Landgraaf (Duits Landgraf) was 'n titel wat meestal in die Heilige Romeinse Ryk en later deur die ryk se voormalige gebiede gebruik is. Dit was vergelykbaar aan 'n graaf wat feudale pligte direk aan die Heilige Romeinse Keiser gehad het. 'n Landgraaf se jurisduksie het soms oor 'n redelike groot gebied getrek wat nie onderdanig was aan 'n intermediêre mag soos 'n Hertog, 'n Biskop of 'n Paltsgraaf nie. Die vroegste geskrewe rekords is van 1086 af in Neder-Lotharingia af aangeteken. 'n Landgraaf het gewoonlik soeweriene regte uitgeoefen. Sy besluitnemingsmagte was soortgelyk aan die van 'n hertog.

Landgraaf het in 'n paar gevalle in gebruik gebly as 'n ondergeskikte titel van adelikes soos die Groothertog van Sakse-Weimar, wat ook die Landgraaf van Thuringia was in die eerste dekade van die 20ste eeu. Die titel het egter na die Eerste Wêreldoorlog in onbruik verval. Die jurisduksie van 'n landgraaf was 'n landgraafskap en die vrou van 'n landgraaf was 'n landgravin.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy