Pleonasme

Pleonasme of woordoortolligheid[1] is 'n stylfiguur waar meer woorde gebruik word as wat nodig is om 'n gedagte uit te druk. Die term is van die Griekse woord πλεονασμóς, d.w.s. pleonasmós afgelei, wat 'oorvloed' beteken. Die sin: "Hy het dood verdrink", bevat byvoorbeeld die oorbodige woord "dood".[1] Dit is nie te verwar met 'n toutologie wat uit twee sinonieme woorde bestaan nie.

Let Wel: Sommige pleonasmes se gebruik het wel in die volksmond aanvaarbaar geword, soos byvoorbeeld "Ek het dit met my eie oë gesien" en "uitstel tot later".

  1. 1,0 1,1 Louw, Willa (2003). Superfiks G11 Afrikaans (1ste uitg. uitg.). Kaapstad: Pearson Education South Africa. p. 92. ISBN 063605740 2.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy