Shanidar-grot

Shanidar-grot
Die ingang tot die grot.
Die ingang tot die grot.
Koördinate 36°48′2″N 44°14′35″O / 36.80056°N 44.24306°O / 36.80056; 44.24306
Plaaslike naam  Zewî Çemî Şaneder
Land Irakse Koerdistan
Streek Zagrosgebergte

Die Shanidar-grot (Koerdies: Şaneder of Zewî Çemî Şaneder; Arabies: كَهَف شانِدَر) is ’n argeologiese terrein op Berg Bradost in Irakse Koerdistan.[1] Die oorblyfsels van 10 Neanderdallers van tussen 35 000 en 65 000 jaar gelede is in die grot ontdek.[1] Daar is ook twee latere "proto-Neolitiese" begraafplase, waarvan een van sowat 10 600 jaar gelede dateer en 35 individue bevat.[2]

Die bekendste van dié Neanderdallers is Shanidar 1, wat verskeie beserings in sy lewe oorleef het, moontlik danksy versorging deur ander lede van sy groep, en Shanidar 4, wie se lyk langs ’n blom lê, wat óf ’n teken van begrafnisrituele óf dierekontaminasie kan wees.

Die terrein lê in die Zagrosgebergte in die Arbil-goewerment en naby die Groot-Zabriviervallei.

  1. 1,0 1,1 Edwards, Owen (Maart 2010). "The Skeletons of Shanidar Cave". Smithsonian. Besoek op 17 Oktober 2014.
  2. Ralph S. Solecki, Rose L. Solecki, and Anagnostis P. Agelarakis (2004). The Proto-Neolithic Cemetery in Shanidar Cave. Texas A&M University Press. pp. 3–5. ISBN 9781585442720.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy