Taco | ||
Drie soorte taco's, kloksgewys van links: carnitas, carne asada en al pastor. Soos tradisioneel is, is hulle eenvoudig gegeur met koljander en gekapte uie, en voorgesit met lemmetjie om na smaak te gebruik. | ||
Soort gereg | Vingerkos | |
Land | Mexiko | |
Hoofbestanddeel | Tortilla | |
Ander bestanddele | Groente, kaas, salsa |
'n Taco (meervoud: taco's) is 'n tradisionele Mexikaanse gereg[1] wat bestaan uit 'n handgrootte-tortilla met 'n vulsel. Die tortilla word dan om die vulsel gevou en met die hand geëet. 'n Taco kan verskeie soorte vulsels hê, soos bees-, vark- of hoendervleis, seekos, bone, groente en kaas, en daar is dus 'n groot verskeidenheid. Hulle word dikwels saam met geurmiddels soos salsa, guacamole of suurroom voorgesit, asook saam met groente soos blaarslaai, uie, tamaties en rissies. Taco's is 'n algemene vorm van antojitos, of Mexikaanse straatkos, wat oor die wêreld heen versprei het.
Ander, soortgelyke geregte is burrito's, wat dikwels groter is en eerder gerol as gevou word; taquito's, wat gerol en gebraai word; en chalupas/tostadas, waar die tortilla eers gebraai word en dan 'n vulsel kry.
Tortilla de maíz enrollada con algún alimento dentro, típica de México.