Tweed

Harris Tweed geweef volgens visgraat-keperbinding, middel-20ste eeu

Tweed is 'n growwe tekstielstof van wol. Tweed het 'n sagte, oop, soepel tekstuur, wat aan Cheviot of tuisweefstof herinner, maar wat digter geweef is. Dit word gewoonlik volgens 'n effe-, keper- of visgraatbinding geweef. Kleureffekte in die drade kan verkry word deur gekleurde wol te meng voordat dit gespin word. [1]

Tweed is ikonies van tradisionele Skotse en Ierse klere; dit is geskik vir informele klere wat buitenshuis gedra word, [2] omdat die materiaal vogbestand en duursaam is. Tweed kan fel klimaatstoestande weerstaan [3] en word algemeen vir buitemuurse aktiwiteite soos skiet en jag, in sowel Ierland as Skotland, gedra. In Ierland word die vervaardiging van tweed nou meestal met die Donegal-distrik geassosieer, maar dit is oorspronklik oral in die land gemaak. In Skotland word die vervaardiging van tweed hoofsaaklik met Harriseiland in die Hebrides, geassosieer.

  1. "Harris Tweed - The Cloth". The Harris Tweed Authority (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2016. Besoek op 1 Augustus 2015.
  2. Fashion Institute of Technology (2006). ""The Tailor's Art" | Menswear Fabrics - A Glossary". The Museum at FIT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2007. Besoek op 24 November 2008.
  3. "Tweed Jackets | A Closely Woven Thing". Cad & the Dandy. 20 November 2015. Besoek op 19 Maart 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy