Velddiepte

Die gebied binne die velddiepte lyk skerp, terwyl die dele daarvoor en daaragter dof lyk.
By f/32 ding die agtergrond mee om die kyker se aandag.
By f/5.6 staan die blomme uit teen die agtergrond.

Velddiepte in optika, veral in fotografie, verwys na die afstand tussen die naaste en verste voorwerp op ’n beeld wat lyk of dit in fokus is. Hoewel ’n lens op ’n spesifieke tyd net op een afstand presies kan fokus, neem die skerpte van die beeld geleidelik na albei kante af sodat die dowwer dele van die beeld binne die velddiepte nie onder normale omstandighede sigbaar is nie.

Soms is dit nodig dat die hele beeld skerp moet wees en ’n groot velddiepte dus nodig is. In ander gevalle is ’n kleiner velddiepte doeltreffender omdat dit die hoofvoorwerp beklemtoon en die voor- of agtergrond verdof. In kinematografie word ’n groot velddiepte dikwels "diep fokus" genoem en ’n klein velddiepte "vlak fokus".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy